BOEKE
oor die
BOERVOLK

Ons sal poog om hierdie blad gereeld aan te vul.

Gaan hier direk na die Boeke Indeks

Ons gaan jou nie vir geld vra om hierdie boeke oor die Boervolk te kan lees.
((Daar is ook 'n indeks vir hededaagse boeke oor die Boervolk, maar ongelukkig sal hulle nie verniet wees nie. (daar is nie veel van hulle) Vir die is daar 'n aparte afdeling in die hoof indeks.))

Ons hoop ook dat u as lede van die Boervolk en vriende van ons volk hiermee sal help. Die doel van hierdie blad is om soveel Boektitels as moontlik, wat betrekking het op die Boervolk se ontstaan, geskiedenis en vryheidstryd hier weer bekend te stel.

Daar is skandelik min van hierdie boeke nog beskikbaar vir ons, (die Boervolk) en ons kinders om te lees.

Daar is min van hulle oor om te koop, dan ook meestal net bekostigbaar deur die versamelaars.

Ons sal ook soveel as moontlik van daardie boeke op hierdie tuisblad te lees wil aanbied. (as jy dalk van hulle het en iemand ken wat kan help met afskrifte - verkieslik digitaal - of op 'n ander manier kan help, laat weet ons asseblief !!!)
Jy kan na die Boeke-Indeks gaan en klik op die titel van die boek wat jy graag sal wil lees en daar sal 'n aflaai proses wees waarmee jy die boek of in jou rekenaar of op 'n disket sal kan spaar om dan op jou eie tyd te lees.

Daar is min boeke met betrekking tot geskiedenis wat die volle waarheid bevat. Dit word nie net deur die skrywer bepaal nie. Die uitgewer en andere het ook 'n groot rol hierin te speel.
Wees versigtig.

Wanneer dit by die geskiedenis van die Boervolk kom,
is daar nog minder wat nie deur die uitgewers en veral die politici van die tyd beinvloed is nie. !!!.

Die grootste bedrog in meeste van hierdie boeke word gevind met die verwysing na die Identiteit van die Boervolk wanneer dit op slinkse maniere met die term Afrikaner vervang word, om so die Boervolk tot identiteitslose te rediseer.

So word daar dan sommer met die eerste paar bladsye en in baie gevalle selfs na net 'n paragraaf of twee gepraat van hoe die Afrikaner nou skielik die Boerekryger geword het.
Eers word daar na die Boervolk tydens die Boereoorlog verwys, dan skielik word die noemnaam van die Boer met die term ?? Afrikaner ?? vervang.

En siedaar, klaas word sommer so baas van Boer se erfporsie.

As mense 'n boek lees, lees die meeste oor of verby sekere woorde sonder om dit te besef, dit gebeur veral maklik na jare se breinspoeling sodat die woord nie meer dieselfde betekenis het nie, 'of dit word dan net misverstaan al word die werklike woord gelees, beteken dit iets anders in die gedagtes.

Hier is 'n voorbeeld:
Tydens 'n geselsie met 'n bekende man wat die trotse eienaar van duisende Afrikaanse boeke oor Suidelike Afrika is besit die stry en sweer hoog en laag dat die volgende onwaar is, aangesien hy die boek al twee keer deurgelees het. "Dit staan nie in daardie boek nie" is sy verweer.
Tydens 'n geselsie word hy gevra hoekom hy homself dan 'n Afrikaner noem nadat hy daarop aanspraak gemaak het dat sy oupa in die Anglo- Boereoorlog geveg het.
Verward en geirriteerd seg hy dat hy 'n Afrikaner is omdat dit die Afrikaner is wat in die Boereoorlog baklei het. ???
Hy word toe daarop gewys dat die destydse waarnemende Goeweneur Generaal van die Britse Kaap Kolonie, in 1899, Generaal G.Butler, tydens Milner se besoek aan Engeland om sy pleidooie vir die oorlog teen die Transvaal te loods, self 'n ondersoek geloods het en vasgestel het dat Milner se redes vals en verleidelik is, dat hy net die oorlog vir die gewin van die myn magnate en banke doen. Dit het hy toe inderhaas aan Engeland laat weet. Wat hier van belang is is dat hy die volgende stelling maak, "The problem in Southern Africa is that there are three different white ethnic groups who do not belong together, they are the British, the Cape-Dutch ondersoek gelas het na Milner se bewerings en aantuigings om nadat Milner Engeland toe is om te pleit vir die oorlog teen die Transvaal, Boer is