Kinders in grafte

Hoe is dit moontlik om te weet wat jy by die winkel gaan kry as hulle net " kos en klere " adverteer, sonder om fisies te gaan kyk. Hoeveel mense gaan dan ook nog kan uitkom en weet hoeveel kos teenoor klere daar was.

Nog minder weet mense hoeveel " Vrouens of Kinders " daar in Boeregrafte is.

Wie het besluit wat eerste kom ? die hoender of die eier - niemand sal weet - maar tog hier waar dit van kardinale belang is om te kan identifiseer met n gebeurlikheid - toe besluit daar welliswaar vir jou iemand doer in die verlede wat eerste was.

As jy wil gaan kos koop en iemand se vir jou dat n sekere winkel baie " kos en klere " aanhou en jy kom daar en sien dat daar net broodrolletjies is vir kos en die res van die winkel is hope klere, wat nou, jy is mos mislei of verkeerdelik ingelig. 27 000 " kos en klere " ?? - Nou? hoeveel van elk is daar ??

Sou dit nie beter wees om te se baie " klere en kos " plaas van " kos en klere" (omgekeerd), of maak dit nie saak nie. Seker nie.

Daar is 27 000 dood (buiten krygers), hoeveel was daar van elke groep, vrou of kind?.

Dit blyk asof daar maar net n paar kindertjies dood is aangesien vrouens eerste genoem word. Ons dink (moet tog nie met absurde simantiek hier aankom) dat daar van KINDERS eerstens gepraat moet word, maar ook samehangend met die getalle, dus 24 000 kinders en 3000 vroue.