Om 'n koerant uit te gee kos baie geld soos u sal weet. (Vry eksemplaar)
Ons wil nogtans poog om die BOERE VOLKSTEM so groot as moontlik te laat groei in die toekoms. Om dit te bereik, en om die koerant te kan uitgee, het ons wel nodig om u van die begin af vir 'n klein fooitjie te vra. Ons begin met hierdie koerant op 'n klein skaal, maar sal dit wel mettertyd uitbrei na 'n volledige dagblad met die gewone daaglikse inhoud van internasionale nuusgebeure.
Die Volkstem sal ook 'n Sondag koerant insluit, dus 7 dae per week.
Ons hoofdoel is om op gebeure hier by ons te konsentreer. Dit is so dat die gewone daaglikse koerante nie meer veel nuus dra aangaande gebeure hier tussen ons, en lankal, reeds , niks oor die Boervolk self nie.
Die kostes aan u om in te teken op hierdie koerant sal voorlopig R20-00 per maand beloop. Om administrasie kostes te bespaar sal ons dit net op 'n maandelikse basis kan doen vir die eerste maand wat jy inteken, daarna sal dit net op 'n 6 maandeliks of jaarlikse betaling uitgee kan word. Dus sal dit jou R20-00 per maand, R120-00 vir 6 maandeliks of R240-00 per jaar kos om in te teken. Ons gee graag hier vir jou 'n vrye eksemplaar sodat jy kan sien hoe dit daar sal uitsien alvorens jy besluit om in te teken.
Om in te teken klik nou hier en vul die vorm in soos aangedui sal word. Dankie
Ons sal dit ook verwelkom as daar mense is wie dalk kan help met idees of ander insette vir hierdie koerant. Kontak ons hier asseblief.