BOERE OORLOG

Daar was nog nie 'n derde Boere oorlog.

Die eerste Boere oorlog was in 188?.
Die tweede Boere oorlog was tussen 1899 en 1902.

Die laaste Boere vryheidsinisiatief was in 1948 op agterbakse maniere deur die N.P. onder leiding van die Kolonialer D.F.Malan vergruis.
In 1919 was dit die kamtige vrye wereld en die Britte wie hul rug op die Boer gedraai het.
In 1914 noem die verraaiers Smuts en Botha dit 'n Rebellie.
Ook in 1902 was dit dieselfde pionne Smuts en Botha wie die Boervolk die oorlog laat staak vir Brit en eie gewin.

Nou in 1997, en vanaf 1980, is daar weereens 'n opvlamming vir Boere Vryheid.

Hierdie keer is dit egter sekere identiteitslose konserwatiewes en ook weereens die kolonialiste wie oor die jare hulself onder ons kom ingrawe het (soos Smuts destyds onder Oom Paul gedoen het) wie 'n gevaar vir die Boervolk se vryheidstrewe geword het.

Hulle moet uitgeken en verwyder word uit die Boer se siel,
voordat dit weereens te laat is.

Is dit nie ironies, om te dink, dat 'n Volk, op sy eie, deur stryd en oorlog moet gaan, en dan ook nog sy eie Boere kinders, 24,000 van hulle, sowel as 3,000 Moeders en 3500 Boere Krygers opoffer, vir sy eie Boere vryheid, en dan daarna, hierdie kosbare vryheid te sal gaan en verpand aan 'n volksvreemde nasie (nl. die Afrikaner kolonialiste) vir 'n holistiese vrede.