Politiek as sulks is niks anders as verskille onder mense. Dit is ook die wapen om hierdie verskille te kannaliseer na een kant toe, mog dit reg of verkeerd wees. Wanneer groepe by politiek betrokke raak loop dit gewoonlik uit op geweld of oorlog as sulks. Om nou hierdie oorlog te wen word politiek daarby gebring en is dit die wapen van die swakkeling. Hy gebruik dit om sy teenstaander van kant te maak sonder krag, wat hy sou benodig om die sterke te oorweldig.
Op sigself is hulle nie baie verstaanbaar deur diegene wie hulle gebruik, so om en by elke vyf jaar of as daar 'n verkiesing kom.
Tog is hulle ook baie magtig en verskeurend siek as hulle nie in konteks gesien en geneem word nie.
Politiek is niks anders as "mag", op watter skaal ookal. Dit is hierdie mag wat gegunereer word deur die politiek van wie ookal wat lei tot uiterstes van watter aard ookal, goed of kwaad. In albei rigtings lei dit tot ontkoppelling of te wel skeuring van gemeenskappe.
Dit word ook ongelukkig in die bree gesien as 'n noodsaaklikheid, maar is inderdaad 'n noodsaaklike euwel wat nie raakgesien word nie.
Politiek is net nog 'n ander manier om jou standpunte te stel sonder om in 'n geveg betrokke te raak. Dus word daar geveg maar nooit fisies as sulks nie.
Dit gee aan die swakkeling die "mag" om te baklei met die sterker een en gee dan aan hom, die swakste, die mag om nie te verloor nie. Dus is dit 'n wapen van mag.