?? VOORTREKKER ??

OF

?? AGTERNA-TREKKER ??

!!! NEE !!!

BOERE MONUMENT

GRAFSTEEN van die BOERVOLK

Hierdie stelling mag dalk nie sin maak, of sekere mense net seermaak, maar lees hierdie stuk en u sal moontlik tot ander insigte kom, wie weet.

'n Paar punte

Kom ons kyk na die woord Voortrekker en sien of daar nie dalk 'n alternatiewe bedoeling met dit was, 'of is dit werklik so onskuldig soos wat dit klink ?.

Die woord Voortrekker, is sinoniem met die woord Afrikaner.

Hierdie woord het baie dieper betekenisse as wat dit op die oog af blyk. Dit roep onder sekere Afrikaanssprekende blankes 'n gevoel van trots op en roer aan die hart snare. Tog is daar die vir wie dit niks beteken nie. Ander weer sou dit eerder afgebreek wil sien, of dit daar staan of nie gaan baie nie aan nie, sekeres is afstootlik gekant teen die ding.
Hoe is al hierdie dubbele gevoelens dan moontlik, is dit sommer maar net omdat mense nou nie altyd eenders oor 'n ding voel of hoe.

Kom ons loer net eers so kortliks in die geskiedenis terug en kyk of daar dalk ander idees of gesegtes was wat ook verander het nadat hierdie monument opgerig is.
Met die Groot Trek van 1836/8 het almal maar net verwys na die ou spul Boere as "trekkers", en ook na hulle as die "Trek Volk". Hierdie woord "Voortrekker" was nooit bekend gewees nie. Dit het sy ontstaan gehad in die 20ste eeu.

Die voortrekker was en word gesien as ??hulle ?? wie getrek het, maar dit het ook 'n samehorigheids sindroom laat ontstaan. Dit het gelei tot vergeetlikheid aangaande die verlede. Dit het sielkundig die skeiding van Kolonialer of te wel Cape-Dutch en BOERVOLK, vanaf 1836 tot 1902 vervang met 'n vergeestelike eenheids sindroom van AfrikanerDOM. Baie dom was dit wel van die Boervolk om die so te aanvaar en te behou.

Hierdie voortrekker woord het gehelp met die politieke brug bou tussen die Boervolk en Cape-Dutch op die pad na AfrikanerDOM. Dit is al.