Die Boervolk was laas op 31 Mei 1902 verteenwoordig deur die Volksrade
van Transvaal en die Oranje Vrystaat, met die ondertekening van die
vredes verdrag van Vereeniging.
Daarna, tot vandag in 1997, was alle vorms van vrede en
vryheid, totaal vals en misleidend !
Die Boervolk was nog nooit weer vry na 1902 !!.
(Sien ook Gen. de Wet - 1914)
Hierdie 1902 verdrag, tussen Boer en Brit, was nie 'n
verdrag waardeur die Boere hul vryheid weggee of verpand het
nie. Nog minder het hul hierdeur hul grond weggegee !!
Dit was 'n verdrag wat ook nie deur Boer aangevra is nie, al
was daar deur 'n paar hensopper / verraiers (sien Smuts en Botha )
die idee geopper teen daardie tyd van die oorlog, (lees ook Gen. Manie Maritz se boek
"My Lewe en my Strewe") maar die verdrag is wel deur die Brit se
toenadering in die lewe geroep. Brit se gees was klaar !
Tot vandag in 1997, is dit al om bekend dat die Anglo-Boere
oorlog die grootste vernedering van die Britse ryk teweeg gebring het.
Punt 7 van hierdie verdrag is soos volg:
MILITARY ADMINISTRATION in the TRANSVAAL and ORANGE RIVER COLONY will
at the earliest possible date be succeeded by CIVIL GOVERNMENT and,
as soon as circumstances permit, Representative Institutions, leading
up to SELF GOVERNMENT, will be introduced.
( Sien die volledige
dokument asook ander dokumente hier. )
Die Boer was nog steeds bereid en gewillig om aan te hou veg, en dit het die Britse mag bekommerd gehad. Die Brit het hierdie slegte tyding gekry na die Boere se stemming, oor, of die oorlog gestaak moet word aldan nie, nie van die stem van die Boere in die veld nie !! Dit was omdat die Vroue tot in die konsentrasiekampe gese het, hou aan veg, al gaan ons almal dood, maar ons grond mag ons nie verloor.