Inleiding

Ons verwelkom jou by hierdie Web blad. Sou jy nie deel van die Boervolk wees en net belangstel in die geskiedenis en/of ander aspekte rondom die Boervolk , hoop ons jy sal al die ander blaaie ook interresant vind.

Dit wat jy op hierdie Web blad sal raakloop, sal seer sekerlik bots met dit wat jy tot dusver van die Boervolk geleer, gelees, gehoor, geweet 'of gedink het.

Dit sorg vir nuwe insigte en oplossings.

Jy is ook welkom om kommentaar te lewer deur ons te e-pos of die besoekers boek te teken en daar jou kommentaar te plaas. (sien onderaan die hoofblad). Jy kan ook direk aan diskussies deelneem en ons sal dit baie verwelkom. (Sien die Poslys)

Hierdie WEB blad is geskep deur lede van die Boervolk, wie se doel dit is om die Boervolk van sy "eie" unieke identiteit bewus te maak. Die blad is vir oud en jonk, en wie ookal nie meer bewus van hul ware identiteit is nie. Die gevolge hiervan, sal ons dan gouer lei na Boere onafhanklikheid, terug in die Boervolk se gesteelde Republieke.

Die Boervolk, as 'n unieke etniese groep, is seker die enigste in die ganse heelal, wat sy eie identiteit prys gegee het sonder om dit te besef het, of dit wou doen, dit, sy identiteits verlies, het hom ook sy Vryheid gekos. Hierdie toedrag van sake, nl. die verlies van sy identiteit, is ook ironies uniek. Geen ander volk het nog sy vryheid so verloor nie. Die Boervolk het dit nie doelbewus en ook nie vanself gedoen nie.

Die Boer was na die 2de Anglo-Boere oorlog deur almal in die wereld as die Boervolk bekend. (sien ook die Boeke deel)

Dit was in 1902 so gewees. Met die rebellie van 1914 was dit ook weereens die Boervolk wie geken was. In 1919, na die eerste wereld oorlog, was dit die Boere wie oorsee gegaan het op soek na hul gesteelde vryheid (die herstel van hulle Boere Republieke) by die destydse "League of Nations". Daarna in die 40er jare was dit weereens die Boervolk (Ossewa Brandwag) wie geken was, in sy hunkering na vryheid van die Boervolk. Dit was met die OB se credo van "Terug na die Republieke" (Boere Republieke - NIE toekomstige RSA droom) met die Z.A.R. Staatswapen en Vierkleur as hulle simbole van vryheid, waarmee hulle gestry het vir die herstel van die Boere Republieke !!
Hulle het nie die Kompromie vlag van die "Unie van S.A." (later die kompromie vlag van die RSA) gebruik nie, hul wou dit nie gehad het nie, hul het dit nie as hul vlag geken, daarom het hulle hul eie vlag , die Vierkleur gebruik, in hul stryd vir vryheid..

Die Boervolk (OB), het nooit met hul credo van ("Terug na die Republieke") verwys na 'n toekomstige RSA, hulle het nooit gehunker na 'n 1961 RSA, hierdie was nie deel van hul ideologie nie. Hulle het nie na 'n toekomstige, ongekende en mengelmoes piesang Republiek gehunker nie, net maar na hulle eie, die Republieke van Transvaal en Vrystaat. Hul het gesoek soos hul "credo" dit uitgespel het, "Terug" na die Republieke, wat beteken het, hulle wou alleen die Boere Republieke van 1902 ! herstel.

Stadig maar seker, en meer na die 1950's se kant en later word die Boer al hoe vinniger, meer en meer "identiteitsloos". Die volksnaam "Boervolk" begin verdwyn van die lippe van mense. Nie die mense " buite " Suidelike Afrika (die ou Britse Unie, soos dit bekend was) van wie se lippe hierdie Volksnaam - Boer verdwyn nie, maar, van hulle binne hierdie Unie. Van die lippe van die Boervolk self.

Vandag, in 1997, ken daai mense "buite" Suidelike Afrika, nog steeds die "Boervolk", as "The Boors" en hul weet nie eens wat se ding 'n Afrikaner is.

Die Boer word stadig maar seker deur middel van literatuur, skool opvoeding, Kerk, politici en ander middele, vervreemd en verwyder van sy " eie" en " unieke " noemnaam, - nl. " Boer ".

!!! Selfs die NG kerk het nog in 193??? (sien Katkasasie Boek 193?) dit so gestel "Die NG Kerk is die kerk van die Boervolk", hul noem nie eens die naam Afrikaner nie ???. Hoe dan nou as hul teen die tyd nog na hul gemeente verwys as die Boervolk nie na die Afrikaner nie???. Waar en wanneer het die Afrikaner dan ontstaan en deur wie se toedoen ?? !!!.

Die volksnaam "Boer", word vir die Boervolk self 'n skeldnaam !!

Hierdie Boervolk word vertel en gebreinspoel dat hy nou kamtig, 'n " ander " volk geword het, nl. Afrikaner DOM.

Hierdie Afrikaner dom/SKAP, lei die Boer onbewus na 'n soort BaasSKAP, wat hy opneem na mate hy deurmekaar raak met die Kaapse-Hollander(Cape-Dutch) wie die eintlike Afrikaner was, is, en wou wees. Hierdie klomp het nog nooit na vryheid gehunker nie. Aan die anderkant is dit die Boer wie begin dink dat hy weer sy vryheid gaan terug kry, maar na 1948 (en die Kapenaar Malan ! ), verval hy nog dieper in die "baas" sindroom. Hy word toe na nog 15 jaar skielik vry ! ???. Hy besef toe ook nog nie dat hierdie 1961 vryheid, 'n piesang Republiek is, en dan boonop ook vals is.

Na hierdie valse 1961 Republiek word hy ewe deur die "Apartheidsindroom van Verwoerd" aan die neus gelei.

Van al die Eerste Ministers en Presidente na 1902, was dit net J.G. Strydom, wie die ware oplossing vir Suidelike Afrika gesien het, en dit sou kon regkry. Hy is toe skielik na 'n kort tydjie as Unie Eerste Minister oorlede ?? .
Vir J.G. Strydom was die herstel van die Boere Republieke die enigste oplossing. Maar dit is ook gekeer ?? met sy skielike dood ?? .

So " identiteitsDOM" word die Boer gemaak deur hierdie "wierook" van AfrikanerDOM.

Na 59 jaar, in 1961, sonder enige werklike stryd, word hy ewe skielik aan die neus gelei, na hierdie wonderlike Republiek van die UNIE van Suid Afrika.

Nog steeds, nou in 1997, glo soveel van hulle, die Boervolk, dat hulle hul vryheid 'n derde maal (1888) (1902) (1994) verloor het. Hul besef nie dat hul laas in 1902 vry was nie. Hulle, het gedink soos Afrikaners (Kaapse-Hollanders) oor vryheid, en " nie " soos hulle " voorouers " nie !!!

Baie Boere dink ook nog tot vandag, dat hulle Afrikaners is. Dit is die doodsteek van die Boervolk.

Daar is wel 'n groot groei in die herontdekking van Boere identiteit die afgelope 17 jaar, en dit word al hoe groter namate die 100 Jarige Anglo-Boereoorlog "herdenking" in 1999 nader kom.

Die Boervolk is soos verlore skape ! Ons soek na hulle en ons sal hul vind.

Jy kan gerus deur hierdie WEB blaaie gaan en meer leer oor die "Boervolk", en as jy ook dalk 'n Boer is, en dit nie besef het nie, kan jy dalk oortuig raak van jou ware identiteit. Vertel dan ook vir ander van hierdie Web blaaie, versprei die boodskap.

Die inhoud van hierdie Web, gaan ook oor baie verdraaide vertolkings en persepsies van die verlede, geskiedenis, herkoms, politiek en meer, wat met skreiende skande, en nie begryp word , deur die politici daargestel is deur middel van hul bedmaatjies op verskeie vlakke van die Boervolk se siel, om dit te verslind.

Hierdie Web blaaie is begin in Julie 1997 en is nog onder " konstruksie ", maar daar sal deurentyd nuwe gedeeltes bygevoeg of voltooi word. U sal nie na al die onderwerpe kan gaan nie, totdat die blaaie volledig is. Dus as jy op sekere dele sou klik en dit nie laai, druk net die " back button " en gaan kyk of 'n ander deel dalk klaar is.

Baie dankie vir u besoek hier. Voltooi gerus die besoekers boek op die hoofblad.

Terug na die Hoofblad.