Op hierdie blad sal jy meer kan uitvind oor die Vrystaatse Separatiste, hul doel, ideale, en hul geskiedenis. (vir inligting rakende die Vrystaatse Republiek, klik hier)
Na langsame samesprekings tussen lede van die
Boervolk, wie se doel dit is om die Oranje Vrystaat
weereens onafhanklik te sien, en deur kontak met die
Transvaalse Separatiste, het die Vrystaatse Separatiste
in 1990 tot stand gekom.
Die doel was nie om in te meng met die 1994 verkiesing wat op
daardie stadium reeds bekend was, maar om te wag tot 2 jaar voor
die 100 jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog en
dan tot verdere aksies oor te gaan.
Die 1899-1902 Boere oorlog was ook deur ons voorouers gevoer vir die bewaring van ons onafhanklikheid. Net soos Transvaal is ons Vryheid ook gesteel na 1902.
Die persone wie die Vrystaatse Separatiste gestig het, se doel is nie om hiermee vir hulself 'n beweging op te bou. Ons doel is alleen om die Boervolk bewus te maak van sy eie Identiteit en daardeur te help om die Boere bymekaar te laat kom op hul eie in die tye van krisis wat voorle.
Die Boervolk moet self bymekaar kom en 'n Boere Verteenwoordigende Raad verkies om hom te verteenwoordig. Weg met Kolonialistiese verteenwoordigong.